Hoekom ek die MMC kritiseer
My hewige kritiek op die Mighty Men Conference het my blog en my eposbus onder die woorde laat kreun. Mense sê vir my ek moet onthou dat Angus Buchan mense hoop gee. Rapport, wat die Mighty Men fenomeen melk vir elke sent wat dit werd is, het by “kenners” gaan kers opsteek. Hoop, is die konsensus. Buchan gee verwarde mense hoop. 60 000 mans saam is glo ‘n teken van die tydsgees.
“In tye van onsekerheid en vrees is dit te verstane dat Suid-Afrikaanse, veral Afrikaanse, mans hunker na ‘n vorm van standvastigheid soos geloof.”
Hoop? Dat “Liewejiesus alles in Suid Afrika gaan laat regkom” - as ons net na Sy pappie luister!?
Ja, sê die mense, die mans wat op Greytown saamgetrek het is nou beter mans en pa’s en werknemers en werkgewers.
Wel, as dit inderdaad só is, hoe kan die Mighty Men Conference dan gekritiseer word?
Die pad na ‘n beter lewe is nie uitgelê met ongeregverdigde oortuiginge nie. Die 60 000 is volkome onder die invloed van geliefde volksverhaaltjies oor gode; van mite; van veronderstellings waarvoor daar nie ‘n grieseltjie bewys bestaan nie; van veronderstellings waarvoor bewys nie eens denkbaar is nie. Dít is ‘n verregaande vergrype van menslike breinkrag wat ‘n soort perverse kulturele eienaardigheid tot gevolg het: dat rasionele diskoers onmoontlik word. En as die geskiedenis ons een ding leer dan is dit dat ‘n gebrek aan smaak vir bewys gereeld die ergste in die mensdom uitbring. Wanneer oortuiging - hoe edel ook al - deur iets anders as bewyse geregverdig word, laat dit ons magteloos om een van die mees deurdringende oorsake van konflik in ons samelewing te identifiseer en aan te spreek: Blinde Geloof. Byvoorbeeld, as die idee dat jy vir ewig gaan leef eers posgevat het, verander die uitkyk op die lewe op ‘n manier wat andersins ondenkbaar sou wees. Wanneer die idee dat ‘n bepaalde versameling antieke geskrifte die onfeilbare woorde van ‘n “God” is eers posgevat het, word Sjibbolet-vergrype (Sien Rigters 12.v,vi) die norm. Ons het nié die rég om goed te glo sonder bewyse nie!*
Die idee dat daar ‘n Perfekte, Almagtige, Alwetende, Alomteenwoordige Bonatuurlike Skepper en Beskikker is, is onsinnig. Daar is nie ‘n grieseltjie bewys dat só ‘n Wese bestaan nie. Om in verwagting van hierdie “God” se ingrype te leef is om waardevolle tyd te mors, tyd wat met dink en werk tot onmiddellike en volhoubare voordeel van die ganse planeet en alle lewe aangewend kan word; aangewend móét word.
Ek meen dit is ‘n kwade dag as dit ‘n wolhaarstorie kos om mense te motiveer om te doen wat hulle in elk geval behoort te doen. Godsdiens is die laaste plek om ‘n sin vir reg en verkeerd te gaan optel.
Ek is nie beïndruk met ‘n nuwe! gemotiveerde! man (met herwonne manlikheid!) wat sy brein in die grootste tent op aarde neffens Greytown gelos het nie. Ek dink ‘n boodskap wat hoop gee, maar ook waansinnighede insluit soos gay seks is onaanvaarbaar en dis goed om jou kind sporadies te bliksem en Liewejiesus sal jou wys waar om vir water te boor is ‘n boodskap wat maar gelaatlos kan word. ‘n Boodskap wat gewortel is in lewende dooies en maagdelike geboortes en ‘n heen-en-weer gereisery deur die buitenste ruimte is ‘n kak boodskap, makisaak hoe ougat jy dit opdress nie.
Die Mighty Men Conference is sleg vir Suid Afrika. Die Mighty Men Conference is sleg vir mans en vir hulle vrouens en vir hulle kinders en vir hulle werknemers en vir hulle werkgewers. En die Afrikaanse koerante wat die Mighty Men Conference so ophemel is onverantwoordelik en lê hulle plig op die altaar van tydelike verhoogde omset.
Op die lange duur is valse hoop altyd erger as wanhoop.
_______________
* Harris, Sam. 2005. The End of Faith. Free Press. London.

Liewe Nathan
Ek voel jammer vir jou. Jy het duidelik nog nie ‘n krieseltjie van God se genade beleef nie. As jy het, sou jy nie so van Hom gepraat het nie en sou jy nie die werk wat Hy by die konferensie gedoen het onder mans gekritiseer het nie. Man, ek wens so jy was daar. Net sodat jy kon beleef wat ek beleef het. Jy sal nie weet waarvan ons praat tensy jy self daar was nie. Dis nie leë hoop en stories en volksverhaaltjies nie. Dis realiteit soos die petrolprys wat styg. En God is nie jou china of iemand se pappie nie. Ek bid dat Hy jou sal vergewe vir hoe jy Hom verkleineer het. Jy soek bewyse, die Bybel word elke dag meer en meer bewys. Deur wie? Wetenskaplikes wat nou slim genoeg geword het om dinge te kan bewys wat lank gelede gebeur het. En geloof kom uit die hart, nie die kop nie.
Tobie Verreynne
2 May 08 at 3:46 pm
Natham
Die Christendom word gewaarsku teen mense wat Godslasterik is, jy sal baie vinnig op jou kniee moet kom en God moet smeek vir vergifnis van jou Godslasterike woorde teenoor Hom. Maak jou deur oop vir God en laat hom in jou hart inkom, want wanneer jou God heeltemal verwerp pleeg jy die sonde wat God nie vergewe nie en dit is die verwerping van die Heilige Gees. Lees jou Bybel en vra God om jou te vervul met die Heilige Gees en dan sal jy sien hoe wonderlik hierdie lewe is. Ek bid vir jou dat God in jou lewe kan inkom want as dit te laat is vir jou gaan jy baie spyt wees dat jy God verwerp het.
Hilgard Muller
Muller
5 May 08 at 7:05 am
Haai! Jy verstaan nie wat geloof is nie! As jy bewyse het, is dit nie meer geloof nie!
Verder! Om te lees oor iets positiefs is aangenaam! Manne wat aangeraak is deur die Gees van ons Hemelse Vader (Iets wat jy natuurlik nie sal verstaan nie, want jou vader (nie biologies nie) vul jou met haat, godslastering en alles wat walglik is)
Daarom is daar geen plesier en seen in om jou goed te lees nie. Ek dink jy is maar net ‘n bietjie bitter bek oor die die feit dat die Angus verhaal koerante verkoop maar jy nie ‘ kans staan om enigsens enige merk te maak nie, want walglikheid is volop!
‘n Woord van waarskuwing! Die Bybel waarsku dat die mens eendag rekenskap sal moet gee van alle eidele woorde! Ook verseker die Woord van God dat elke knie sal buig en elke tong sal bely dat JESUS CHRISTUS die Here is. Party mense doen dit vrywillig! Ander sal dit in die oordeels dag gedwonge doen, wanneer hulle besef dat hulle die Hand van ‘n genadige God verag het en Sy liefde en reddende genade vertrap het! Maar dan gaan dit te LAAT wees.
Indien jy dit dalk nie weet nie: Geen mens sal die ewige lewe ontang omdat hulle dit verdien nie, alles is genade. Geen mens sal hel toe gaan omdat hy of sy gesondig het nie, maar omdat hulle nie God se genade wou ontvang en ervaar nie!
Dit is nie te laat vir jou nie! Kom by Jesus uit - gou!
Maar weet verseker as jy God nie soek en Vrede ontvang nie, wanneer dit te laat is, sal hierdie en ander waarskuwings in jou gemoed opgeroep word - maar weereens: DIT SAL DAN TE LAAT WEES!
MAG JY GOD SE GENADE SOEK TERWL DIT NOG TE VINDE IS!
PETER
Peter Cilliers
7 Jul 08 at 5:41 am
“As jy bewyse het, is dit nie meer geloof nie!”?
Peter, ek sien jy bring ‘n “ministry” op die been. Ek dink, en dis maar net my persoonlike mening, dat jy perdalkies nog so ‘n bietjie moet lees en dink voordat jy…
Nathan Bond
7 Jul 08 at 9:36 am
Ek voel rerig jammer vir mense soos jy. Het jy al ooit gewonder hoekom mense roep na iets wanneer hulle op sterwe le of in nood verkeer?Omdat ons Hemelse Vader van die begin af daar is. Hy het jou in Sy Hand gevorm. En soos wanneer ‘n kind opsoek is na sy vader of moeder en ‘n leemte ervaar so is dit die Selfde met ons Skepper daar bo. Mense wat Hom nie wil erken nie, kan nie help om nooit ware volkome vrede te errvaar nie. Jy mis uit. Ons kan maar net bid dat God genoeg genade sal he. Soos Peter ook se, dit is nie te laat vir jou nie. Ek nooi jou uit om net ‘n kans te waag. Soos wanneer jy vir die eerste keer iets eet, jy kan nie se dit smaak sleg voor jy dit nie geproe het nie!!! As jy daarna nog steeds dieselfde voel dan kan jy immers ‘n standpunt probeer maak. Ek verseker jou dat jy nie teleurgesteld sal wees nie.
Mag God se genade jou omvou en Sy alomteenwoordigheid en Liefde jou tot inkeer ruk.
‘n Vriendin in Jesus
Suretha Viljoen
21 Jul 08 at 9:43 am
Weep! That in 2008 one can write plain common sense and the 5 responses you get all say: “You poor man, if only you could believe in fairies all would be well with your world”. I find it mind-boggling that people are utterly unable to stop and think: “Hang on, what exactly makes me think all these myths are true?”. Nope, you’re not allowed to think, see. It’s dangerous. Not even the exposure of the Jimmy Swaggarts and the Tammy Bakkers “allows” a fresh, critical look at the lies they peddled. We simply swing around and start worshipping the next conman. And don’t you dare multiply 60 000 men X R100 for camping and come up with R6m for one weekend: You dirty rascal! Are you saying Our Angus is not as close to Holy as he says he is? Shame on you.
Here’s another thing that AMAZES me: A modern Zulu/Venda/Xhosa - any African - that agrees with this madness. Why the hell does a 2008 African think that only whites arriving on ships knew what the cosmic answer to ever-lasting life was?? Why doesn’t the very fact that THEY brought these myths to Africa and peddled them (along with tales of white superiority) while robbing Africans of land and power strike a little bell in their heads that rings “HELLO-O, maybe this is bullshit!!”
(I love this:) Dis my gat se deksel.
bewilderbeast
8 Aug 08 at 2:47 pm