Nathan Bond’s TART Remarks… Religion: Respect? Ridicule!

‘n Nuwe rol vir die kerk

Posted in Religion must go! by Nathan Bond on August 20th, 2008

Prof. Christina Landman van UNISA skryf: “Die regering moet sy sekulêre houding verloor, en die kerke hul mitologiese praatjies - en saamwerk om die welsyn, gesondheid en moraliteit van die land te bestuur.”

Landman praat van “geloofsgemeenskappe” en laat my nekhare rys as ek president George Bush se Faith Based Initiatives daarin raakhoor.

Die staat dúrf nie sy “sekulêre houding” verloor nie. Godsdiens kan nie vertrou word om in ‘n bepaalde gereguleerde verhouding tot die staat te staan nie.

Ek dink die voorstel dat die kerke hul mitologiese praatjies moet verloor is ‘n prettige idee! Maar wat is ‘n kerk sonder ‘n bogstorie, altans, ‘n bepaalde stuk mitologie? As “God” nie geskep het nie en “Adam” nie geëet het nie en “Jesus” nie uit die dood opgestaan het nie en die “Heilige Gees” nie vaardig geword het nie en ons nie spoedig met die hele spul gaan verenig nie…wát is die kerk?

Ek skat só ‘n “Bultmanniaanse ontgemitologieërde kerk” is ‘n sosiale logistieke paradys - ‘n plek waar mense kan kos kry; Anti-Retrovirale medisyne; kondome; ‘n klop of twee op die longe; ‘n glimlag en ‘n sedelessie. En elke maand ‘n pensioengeldjie wat tydig gesteel sal kan word totdat die rowers genoeg sedelesse skrams gehoor het om op te hou steel. Maar sal die mense kerk toe kom as “God ” en “Jesus ” en die “Heilige Gees ” nie daar bymekaarkom om “Satan” op sy moer te gee nie? As “daai Angus-dude” nie vir hulle hoendervleis op die oortrommels gee nie?

Maar die koddigste van Landman se voorstel is dat die kerk met die bestuur van die land se moraliteit kan handgee.

Die kerk bestáán slegs as die voertuig van leuens: bo en behalwe die mitologie, dat die dood nie die einde is nie. Die kerk se opperste - “Goddelike”! - regverdigheid is die onregverdige teregstelling van ‘n onskuldige individu wat deur die “outeur van moraliteit” die rug toegedraai word. Kers gaan opsteek by die kérk oor moraliteit!? Behóéde ons!

Satan, God sê: “Maak dóód!”

Posted in Religion must go! by Nathan Bond on August 19th, 2008

‘n Gemaskerde matriekseun het Maandagoggend nadat hy ‘n mede-leerling met ‘n swaard vermoor het gesê dat Satan hom beveel het om dit te doen.

Onlangs het George W. Bush óók ‘n kosmiese stem gehoor: “God told me to strike at al Qaida and I struck them, and then he instructed me to strike at Saddam, which I did, and now I am determined to solve the problem in the Middle East. If you help me I will act, and if not, the elections will come and I will have to focus on them.”1

En om te dink daar was ‘n verslag voor die NG Kerk se sinode laas jaar wat gesê het daar ís nie ‘n Satan nie! Jûrrû, wat wórd vannie kerk!?

Ek dink ons moet mense wat “God” en “Satan” hoor praat fyn dophou. Da’ kan net kak kom.

1. Bush made this statement, according to Palestinian Prime Minister Mahmoud Abbas - from minutes acquired by Haaretz from cease-fire negotiations between Abbas and faction leaders from the Hamas, Islamic Jihad and the Popular and Democratic Fronts (circa June, 2003), quoted from Arnon Regular, “‘Road map is a life saver for us,’ PM Abbas tells Hamas” (Haaretz.com:June 27, 2003). See also Did Bush really say God told him to go to war?

Gary Glitter’s release

Posted in Religion must go! by Nathan Bond on August 19th, 2008

Sky News reports that shamed glam rock star Gary Glitter has been released from prison in Vietnam, where he was serving a three-year sentence for child sex offences.

This morning, on Sky’s Eamonn Holmes slot, newspaper commentator John Gaunt used a mélange of noisome adjectives to diss Glitter and suggested that if a paedophile lived on his cul de sac, he would want to know the person’s identity so that he could warn his kids against the offender.

Paedophilia is inexcusable. I too, would want to know the identity and wherabouts of anyone who represented a threat, real or otherwise, to my children.

Yet I think that teaching children the absolute crap of a Creator God and all the religious bunk that accompany this prime lie is a far greater threat than paedophilia.

Richard Dawkins argues compellingly on the mental abuse that is religious instruction to children.1

In an example that freezes the heart, Dawkins tells of an abused, a doubly abused, correspondent2 that wrote: “Being fondled by the priest simply left the impression (from the mind of a 7 year old) as ‘yucky’, while the memory of my friend going to hell was one of cold, immeasurable fear. I never lost sleep because of the priest - but I spent many a night being terrified that the people I loved would go to Hell. It gave me nightmares.”

I’d be keen to know the identities of people who are religious and come into contact with my children so I can warn my children.

I guess I know the identities of these religious people. And I am unable to do anything but privately warn my children, because the abuse that is religion is sanctioned by my community.

1. Dawkins, Richard. 2006. The God Delusion. Bantam Press. London. pp311-344.

2. 2006:317-318. She was sexually abused by her parish priest in his car. And, around the same time, a little school friend of hers, who had tragically died, went to hell because she was a Protestant. Or so she had been led to believe…

Tagged with:

Evolusie kelder teologie

Posted in Religion must go! by Nathan Bond on August 17th, 2008

Dit is vanjaar - op Woensdag, 20 Augustus - presies 150 jaar dat die evolusieteorie die eerste maal gepubliseer is.

Die evolusieteorie verdelg die Genesisverslag oor die “Skepping” en die ganse Geloofsmaatskappy.

In ‘n Huldeblyk aan Charles Darwin en Alfred Russel Wallace spreek ek die hoop uit dat godsdiens oor die volgende 150 jaar verder sal erodeer sodat mense aan die verdommende kettings van geloof kan ontsnap.

Hierdie huldeblyk is ook my openingstandpunt in die debat oor evolusie waartoe ek ingestem het.

Tagged with: , , ,

Imoreletapark in die hof

Posted in Religion must go! by Nathan Bond on August 13th, 2008

Dat homoseksualiteit ‘n biologiese gegewe is, is onweerlegbaar. Dat heteroseksuele mense homoseksuele afleiding kan soek is ‘n sosiale realiteit, maar nie ‘n vraagstuk wat op die hofsaak tussen Johan Strydom en die NG Kerk Moreletapark betrekking het nie.

Hiér is die issue, en dis ‘n non-issue: Behoort minderhede wat biologies verskillend is die regte en voorregte van lidmaatskap ontsê te word? Punt.

Die kerk wat verantwoording moet doen vir ‘n besluit om ‘n gay orrelis in die pad te steek (”Oóeé, dominínié”) is ‘n kerk wat jare der jare op grond van biologiese diversiteit gediskrimineer het - én wat sodanige diskriminasie Bybels geregverdig het.

In 1958 skryf Dr N P J Steyn in sy boek Biblical Aspects of Apartheid: “Why are the Europeans more advanced, enlightened, educated, civilised and richer and better placed on the whole than the natives if not by God’s intervention, supervision, rule and providence? Who are we to change what God has ordained?

Gaan die NG Kerk waaragtig wéér hiermee wegkom?

Op 22 Oktober 1974 berig die Cape Times: “The General Synod of the NG Kerk decided in Cape Town yesterday that mixed marriages were physically possible because of the uniformity of the human race.

Dít véértien jáár nadat diskriminasie in die NGK internasionaal by Cottesloe op die spits gedryf is.

Aan hiérdie kerk gaan besluite oor biologiese diversiteit oorgelaat word?

Gaan die NG Kerk waaragtig wéér hiermee wegkom?

Sê weer?

O, hulle het tóé verkeerd verstaan?

En hulle verstaan nóú rég?

Waar is die leiers van die kerk? Kies hulle, soos hulle voorgangers oor die jare heen, om niks te doen nie omdat dit ekklesiologies verkeerd sou wees om die voor die hand liggende regte ding te doen?

Na al die trane en die boetedoening en die versoening is die NG Kerk nog steeds in ‘n “óns en húlle” kopklem.

Presies hóé is die NG kerk van 2008 nou weer ánders as in die 50’s, 60’s, 70’s, 80’s, 90’s..?

God se glimlag

Posted in Religion must go! by Nathan Bond on August 11th, 2008

“Ons weet God huil saam met ons oor hoe hulle gesterf het, maar glimlag oor hul lewe,” het ds. Barry Lordan Saterdag in die roudiens vir die vermoorde egpaar Van der Westhuizen op Kleinmond gesê.

Lordan meen kennelik daar ís ‘n “God” - een wat huil. Ek wil weet hoekom dié “God” nie sy vinger uit sy allerheiligste poephol trek en iets oor die moorde in ons land dóén nie. En dan glimlag die arme bliksem nog oor die vermoordes se lewe!

Kan dit wees dat Lordan verkeerdelik meen dat daar ‘n “God” is?

Kan daar énige ánder verklaring wees as dat “God” nié bestaan nie?

As ek elke vloekwoord wat ek ken - in 4 tale - oor en oor en oor en óór skreeu vir 7 dae en nagte lank sal dit steeds nie my afsku aan Lordan se kak stelling weergee nie. Is daar iewers ‘n predikant wat dié dominee dalk daarop  kan wys dat sy stelling dalk iemand, iewers, kan omkrap? En dat sy “teologie” stínk!?

Jissis!

Godsdiens ág vroue!

Posted in Religion must go! by Nathan Bond on August 10th, 2008

André van Niekerk beroep hom wrágtág op die Bybel om die Christelike geloof se “respek” vir vroue aan te dui. (Geloof en vroue, Beeld - waar ánders ?)

Weliswaar moet hy diép myn en boor hy ‘n arm aar in Rosemary Ruether raak: “Jesus Christus se kernboodskap was dat die ‘Koninkryk van God’ naby gekom het. Vir die vroegste Christelike gemeenskappies beteken dit die ‘eindtyd’, waarin mans en vroue weer gelyk sou wees, het aangebreek. Vroue is as volwaardige mense gerespekteer.”

Vertel my nóg een, tóé!

Adam en Eva… en Lilith, die stoute. Die bloedskande van die familie Adam. Die hemelwesens en die dogters van die mense. Simson en die meisie van Timna… en Delila. Die Leviet en sy byvrou… en die verkragters van Gibea… en “staan op, vrou, dat ons kan vertrek.” Mooi meisies uit die geledere van die verslane vyand en lyflike genot tot vervelens toe… en dan vryheid - smyt haar uit. Abraham, die stamvader, en Sara… en Farao… en Hagar. Lot, geredde van god, en sy wellustige dogters. Rut wat 26kg gars by Boas se voete lossuig. Dawid, ‘n man na god se hart en Batseba… en kaaldans in die strate… en Mikal… en Abisag. Ahasveros en Ester, wat ‘n ganse nasie losslaap. Die swanger, verloofde Maria en Josef wat so feudaal vir die Heilige Gees moet terugstaan. Jesus en Maria met die los hare en die salfies. Paulus en sy hou-jou-mond, wees-op-jou-plek, vir-mans-gemaakte vroue.

Vroue, in die Bybel, is halfwas mans; broeikaste; currency; speelgoed.

“Ons het die Heilige Gees nodig om in te sien wat Jesus se boodskap oor die ‘Koninkryk van God’ vandag vir geslagsgelykheid beteken”?

Gegewe wat die “Heilige Gees” die “Kerk” oor, byvoorbeeld, gays wysmaak deesdae, moet die “Heilige Gees” liefs bekhou.

Dink Christen apologete werklik almal vreet hulle kak vir soetkoek op!?

En wanneer gaan Media24 in Aanbidding besef nie ál sy lesers se toontjies krul oor liewejiesis soetsappigheid uit “geleerde” penne nie!?

Godsk!

Rapportspeletjie!

Posted in Religion must go! by Nathan Bond on August 10th, 2008

Rapport - die Grootste Afrikaanse Weekblad in die… Wêreld! (GAWeWe) - loods, smaak my, vandag ‘n nuwe speletjie om verkoopsyfers te stu: SOEK VIR ANGUS en wen ‘n Datsun.

Op 20 Julie basuin Rapport oor ‘n stampvol Doftus (Loftus) vir Jesus. Vandag - 10 Augustus - is daar nie ‘n woord oor die Dumbsa Stadion nie… het “Together as one” te laat aangehou - tot 23h59 ?

Miskien het Rapport besef dat al is jou lesers dom Christene* hulle jou tóg agterkom. Jy kan hulle net só ver melk en dan werk dit ook nie meer nie.

En dan is daar hierdie vreemdheid wat my opval - 3 weke na Doftus en 16 weke na Greytown: 112 dae van gebed vir ons arme land en vandag berig Rapport dat Suid Afrika die stryd teen misdaad verloor. Ek dink die grootste enkele probleem met die Christene se “God” is dat die dônir so hardhorig is. En nie vir homself kan dink nie. Sou Al-Quddoos (القدوس - The Most Holy) nou nie vir homself kon uitwerk om misdaad stop te sit nie!?

Maar hiér is goeie nuus! In vandag se Rapport. SOEK VIR ANGUS en wen ‘n Datsun.

* As jy ‘n Christen is is jy dom, ongeag hoe slim jy is. (Daar is tog iets oor “oom Angus” op die brieweblad, gehoor!) Nee, ek weet nie waar gaan Rapport ‘n Datsun kry vir die wenner nie… dalk ís daar nie ‘n wenner nie.

‘n “Freak Show”

Posted in Religion must go! by Nathan Bond on August 6th, 2008

Angus Buchan is ‘n absolute meester van verbruikersgedrag. Dít is ‘n opregte kompliment.

Ek is egter trots om oor die Suid Afrikaanse gemeenskap - inderdaad oor die wêreldgemeenskap - saam met Oscar Wilde te sê: “To disagree with three-fourths of the (British) public is one of the first requisites of sanity.”

Buchan kan soetgoed aan kleuters uitdeel soos ‘n winkelsentrum Kersvader nie kan nie. En vanoggend, op die formidabele Freek Robinson se RSG program Praat Saam was “God” se Aartappelboer ándermaal op sy stúkke!

DW, wat gereeld op hierdie blog skryf, het my so tien minute oor laat weet van die gesprek en terwyl ek geluister het, het dit my opgeval dat elke enkele inbeller volmondig met Buchan saamgestem het en hom met oorgawe ondersteun het.

Ek het reeds geskryf oor die waarskynlike redes vir Buchan se sukses met die God-storie en die ondermynende invloed van Buchan se massasaamtrekke en hoekom ek die MMC kritiseer en oor die Afrikaanse Pers wat oopmond en verstar agter Buchan aanloop en die blatante onsin wat Buchan verkoop… en dat Buchan se “herlewing” net mooi níks aan die Suid Afrikaanse maatskappy verander nie. Wanhoop troef valse hoop.

Buchan se boodskap - dat “God” in beheer is en dat ‘n nasie wat op “God” vertrou die ideaal is - is onsin. Navorsing bevestig dit:

In Dealing with reality skryf ek: “In a recent (2005) study, Gregory Paul tested the hypothesis that religion is associated with lower rates of lethal violence, suicide, non-monogamous sexual activity and abortion, by comparing data from 18 developed democracies. He found ‘in general, higher rates of belief in and worship of a creator correlate with higher rates of homicide, juvenile and early adult mortality, STD infection rates, teen pregnancy, and abortion… None of the strongly secularised, pro-evolution democracies is experiencing high levels of measurable dysfunction.’

The broad trend, argues George Monbiot, looks clear: ‘the more secular, pro-evolution democracies have… come closest to achieving practical ‘cultures of life.’

Ns. Dat Buchan die desperate wit Afrikaanses hook, line and sinker gevang het is duidelik. Onder die uitsprake wat my vanoogend op RSG getref het is daar ene Jacques wat reken dat “God” in beheer is, selfs in die wanorde. Hoe argumenteer jy nou met iemand wat só ‘n stelling kan maak!?

Ene Miemie meen dat dit nou al so sleg gaan in Suid Afrika dat selfs sommige “donker mense” al vir “wittes” ‘n voorbeeld stel. Noujatoe!

En dan noem Buchan Freek “Freak“. Ai, jai, jai, jai, jai, jai, jai. Jai, jai!

God gaan jou kandelaar vat!

Posted in Religion must go! by Nathan Bond on August 5th, 2008

Ek het op 2 Augustus in “Beeld-briewe oor ‘God’” geskryf oor ene “Denker” se brief in Beeld - “Bestaan God of is dit breinspoel?” Daar was natuurlik wye reaksie op Denker se brief, maar vanoggend se “Al jou antwoorde kry jy in Bybel” van “Geredde Christen” van Elisras, vat die koek… by wyse van spreke: “Arme Denker, ek dink nie jy weet wat ‘n Bybel is nie. Word wakker, anders gaan God jou kandelaar verwyder.”

God beter mý kandelaar uitlos.